CrimeLocal newsNews

Hof stel Zane en Christoff se saak weer uit

Twee verskyn weer in hof op aanklagtes van diefstal en bedrog.

Zane Calitz en Christo Boshoff, die paartjie wat tereg staan op aanklagtes van diefstal en bedrog, het op 11 Oktober weer in die streekshof op Evander verskyn.

Dié twee mans is op 18 Februarie vanjaar in hegtenis geneem nadat hulle glo geld ontvang het om sonpanele vir mense op te sit en nie die werk gedoen het of die geld terugbetaal het nie.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle.

Van dié sake is reeds saamgevoeg. Hulle saak is uitgestel na 30 Oktober en de twee bly steeds in aanhouding.




LEES OOK: Secunda-paartjie se saak weer uitgestel

LEES OOK: Sonpanele: Twee verskyn weer in hof op Evander vir bedrog

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button