Local newsLocal sportNews

Delmas Gholfklub kroon hul 2024 kampioene

Die vroue klubkampioen vir 2024 toekenning het aan Yvonne Langer gegaan en onder die mans was Francois Kruger as klubkampioen aangewys.

Die Delmas Gholfklub het op 5 Oktober hul jaareidfunksie gehou waartydens hulle eer gebring het aan hul kampioene vir 2024.

Werner Venter is as die spelers se speler van die jaar aangewys. Hy het ook met die trofee van nuweling van die jaar weggestap.

Die speler van die jaar vir 2024 is Francois Kruger en onder die vroue het Melissa Venter dié trofee ontvang.

Pieter Lefty van der Merwe is as die beste ligaspeler aangewys. Die ‘Whack it Wednesday’ kampioen is Derek Whitehorn.

Die klublid van die jaar toekenning is aan Floris Smit toegeken en die John Deere Cup Order of Merit is aan Adriaan Benadie toegeken.

Francois Kruger het ook op die podium gestaan vir die enkels uitklop toekenning. Die dubbels uitklop kampioene is Pieter Combrink en Joppie Venter (senior).

Die vroue klubkampioen vir 2024-toekenning het aan Yvonne Langer gegaan en onder die mans is Francois Kruger as klubkampioen aangewys.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button