Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Loffie-hengelaars blink uit

“Elkeen van die hengelaars het ewe hard probeer en elkeen was ’n uitblinker in eie reg.”

Laerskool Eloff se jong hegelaars het geskiedenis gemaak toe hulle Hoërskool Hugenote tydens ’n hengelkompetisie geklop het.

Die vriendskaplike hengelkompetsie, met ses spanlede elk, het op 14 September by ’n privaat plaasdam in die Delmas-omgewing plaasgevind.

Vir die Loffies was dit ’n groot eer en prestasie om teen die hoërskoolleerders van Hugenote, Springs, te kon wen.

“Daar was deurentyd ’n baie lekker visvang-gees. Elkeen van die hengelaars het ewe hard probeer en elkeen was ’n uitblinker in eie reg,” het Wouter van Vuuren, onder wie se leiding die spannetjie vang, gesê.

Van Vuuren het ook, namens die Loffies-span en bestuur, sy dank teenoor Hugenote onderwysers, Philip Enslin en Herman Rens uitgespreek.

“Baie dankie vir die tyd wat julle ingeruim het en vir die goeie sportmanskap.”

Volgens Van Vuuren beplan Loffies se hegelspan hul laaste kompetisie vir die jaar in November.



LEES OOK: Martial arts fighters from Secunda excel

LEES OOK: Patats, kerskouse en die boom van die jaar op VLU Delmas-tak agenda

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button