Local newsNewsStreeknuus

Vier Erfenisdag saam met AfriForum Bronkhorstspruit-tak

Die kranslegging vind plaas om die Slag van Bronkhorstspruit wat op 20 Desember 1880 plaasgevind het te herdenk. Die tak meen Erfenisdag is die geskikte dag om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te onthou.

AfriForum Bronkhorstspruit-tak beoog weer vanjaar in samewerking met die FAK en die gemeenskap hul jaarlikse skoonmaakaksie op 24 September by die Klipeiland Monument.

Die verrigtinge sal om 09:00 die oggend afskop. Volgens die takvoorsitter, Magda Lewis, sal daar weer ’n kranslegging by die Klipeiland Monument plaasvind.

Die kranslegging vind plaas om die Slag van Bronkhorstspruit wat op 20 Desember 1880 plaasgevind het te herdenk. Die tak meen Erfenisdag is die geskikte dag om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te onthou.

“Omdat dit Erfenisdag is, gaan ons ook na afloop van die formaliteite gaan ons omstreeks 12:00 ’n gesellige bring-en-braai hou,” het Lewis laat weet.

“Bring net jou eie vleis of wors, eie eetgerei en broodrolletjie. Ons sal sorg vir die vuur, koue gemmerbier en slaaie.”

Lewis nooi almal om die spesiale erfenisdag vieringe saam met hulle te geniet. Vir meer inligting, kontak Lewis by 073 375 2310.



LEES OOK: Vrou van Standerton maak hart oop oor haar kinders

LEES OOK: Graceland’s CSI programme helps with tertiary education

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button