Local newsNews

Leon en Edmund vaar goed met fotos by Hoëveld Fotografieklub

Belangstellendes is welkom om die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms op 4 Oktober by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het weer op 6 September vergader. Dr Leon Pelser se foto, You B1tch, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die voorgeskrewe onderwerp vir September was ‘If Looks Could Kill’ en die beoordelaar vir die aand was Francois Roux.

Pelser het ook die beste foto onder die senior fotograwe ingeskryf en dié afdeling gewen met Venomous Black Mamba.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.


LEES OOK: eMzinoni’s cancer-stricken twins finally get ANC-promised house


Edmund Hattingh het behoorlik uitgeblink deur die beste foto onder die junior fotograwe in te skryf en het ook ’n sertifikaat van meriete vir Red Eye ontvang.

Hy het ook sertifikate van meriete vir Elephant Eye en Got You, beide in die natuurafdeling, ontvang.

Die Hoëveld Fotografieklub se se volgende byeenkoms is op 4 Oktober om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


LEES OOK: Lekwa Local Municipality flogs assets, DA asks where is the money


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button