Local newsNewsSchoolsStreeknuus

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak plant bome

Volgens die tak-voorsitter, Magda Lewis, was die oggend gevul met groot meelewenis en het klein handjies gretig saam gegrou en geplant aan die groen erfenis.

Opgewonde leerders van Laerskool Balmoral het gretig meegedoen aan die verewiging van hul groen voetspoor.

Lede van Bronkhorstspruit se AfriForum-tak het 6 September besoek aan dié skool gebring.

As deel van Erfenismaand of tradisioneel dan ook bekend as boomplantmaand het Bronkhorstspruit-lede tesame met personeel en leerders Swart Kareebome by die skool geplant.

Volgens die tak-voorsitter, Magda Lewis, was die oggend gevul met groot meelewenis en het klein handjies gretig saam gegrou en geplant aan die groen erfenis.

Lewis bedank ook lede, Johann Botha, Dries Fella, Charles Hall en Madeleen Roets wat hand bygesit het met die spesiale projek by Laerskool Balmoral.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke om ’n verskil in dié gemeenskap te maak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.




LEES OOK: Locals save injured python near Bronkhorstspruit

LEES OOK: Vermeende dwelmhandelaars ry aan die pen tydens gesamentlike operasie op Delmas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button