Local newsNews

Privaat instansies werk saam om Standerton Rivierpark skoon te maak

Die VF Plus het ook 100 lelie bolle gekoop wat en in beddings en onder die palmbome by die stadsaal geplant.

Wanneer privaat instansies saamstaan, kan wondere verrig word.

Dit was weer bewys deur die samewerking van die VF+ Standerton-tak en die Lekwa Clean up Crew (LCUC), wat saamgespan het om Standertdon Rivierpark op te ruim. AfriForum het ook grootliks bygedra tot die inisiatief.

“Die rivierpark is een van die min natuurlike oorblywende gebiede waar gesinne en die gemeenskap bymekaar kan kom. Dit is hartseer dat individue dié gebied as ’n stortingsterrein gebruik en sodoende ons waterbronne besoedel,” het raadslid Wilma Venter van die VF+ gesê.

Die projek het die natuurlike skoonheid van die rivierpark gerestoreer en was die eerste stap om die gebied terug aan die gemeenskap te besorg.

Venter het ook 100 lelie bolle gekoop wat sy en ’n span werkers verlede naweek in beddings en onder die palmbome by die stadsaal geplant het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button