Local newsNews

AfriForum maak by begraafplaas op Secunda skoon

Raak betrokke by die organisasie en gee terug aan gemeenskap.

AfriForum het ingegryp en van hulle werkers en vrywilligers maak al die afgelope drie weke daagliks die begraafplaas op Secunda skoon.

Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak het dié inisiatief van stapel gestuur en gesê hulle kan nie op Govan Mbeki Munisipaliteit staatmaak om skoon te maak nie.

“Ons het gras gesny, papiere opgetel en skoongemaak rondom die grafte,” het Du Plessis vertel.

Enigiemand wat by AfriForum betrokke wil raak, kan Du Plessis skakel by 061 731 3581.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button