Local newsNewsStreeknuus

AfriForum Bronkhorstspruit neem aan gesamentlike operasie deel

Die buurtwag het tesame met die Tshwane Metropolisie (TMPD) sowel as die Bronkhorstspruit SAPD verskeie suksesse behaal.

Bronkhorstspruit se AfriForum Buurtwag het op 31 Augustus die koue aand getrotseer as deel van ’n gesamentlike operasie.

Die buurtwag, onder leiding van die buurtwagleier, Liam Lewis, het tesame met die Tshwane Metropolisie (TMPD) sowel as die Bronkhorstspruit SAPD verskeie suksesse behaal.

Volgens die takvoorsitter, Magda Lewis, was die koue nag die moeite werd, want die nag se operasies het beslis vrugte afgewerp.

Aktiwiteite het onder andere ingesluit dat 49 voertuie gestop en deursoek was, 175 persone was ook deursoek, besoek is aan ATM tellers gebring en vyf drankpersele is besoek.

“Ons het verder ook patrollies op die N4-snelweg gedoen en kritieke punte besoek,” het Lewis gesê.

“Ek bedank al ons lede vir hul opoffering. Dit was verder ’n groot voorreg om die operasie saam met die polisie en TMPD te kon meemaak,” het Lewis afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button