Local newsNewsStreeknuus

Groot dinge skop lente op Delmas af

Met die vrywillige hulp van Delmas Herleef en Delmas First word die dorp vervraai met die mooimaak van beddings, plant van bome en vele meer.

Met die geur van lente in die lug en die wag op die eerste somerreën is Delmas in rep en roer. Met die vrywillige hulp van Delmas Herleef en Delmas First word die dorp verfraai met die mooimaak van beddings, plant van bome, verf van padtekens en randstene, vul van slaggate en vele meer.

Dié twee instansies het op 2 September hul gewig ingegooi en het Delmas Herleef, onder die bekwame groenvingers van Madel Fourie, die bedding op die hoek van Van der Waltstraat en Sameulweg omgedolwe, aalwyne herplant en verfraai.

Daarmee saam het Delmas First hul skoon- en groenmaak projek van stapel gestuur. Die groep het begin om in Sarel Cilliersstraat op te ruim, skoon te maak, randstene te verf en sou daar bome ook geplant word.

Volgens die bestuur van Delmas First beplan hulle, in samerwerking met verskeie instansies, die aanplant van sowat 5 000 bome in die Delmas- en Botleng-omgewing.


LEES OOK: Solidariteit en AfriForum praat oor die jeug se toekoms op Standerton


Volgens verdere inligting het Delmas First se werkers sommer terselfteryd van die geleentheid gebruik gemaak om swaarvoetuie wat die dorp onwettig binnekom, vriendelik te versoek om om te draai – die plaaslike verkeersdepartement het hulle in die taak ondersteun en bygestaan.

Dit is alom bekend dat swaarvoertuie, veral aan die lig van die werk aan die R50-pad, Delmas as deurroete gebruik en word veral Sarel Cilliers en Sameulweg as roete gebruik.

Delmas Herleef se nou reeds bekende bakkie en toegruste padwerke sleepwa, onder leiding van Boet Harvey, het die week vantevore ook verskeie slaggate in die woongebiede van Delmas gevul.

Almal betrokke het dit eens dat groot dinge aan die gebeur is op Delmas, en dat die gees van skoonmaak en verfraai om van Delmas ’n beter dorp vir al sy inwoners te maak, aansteeklik is.


LEES OOK: AfriForum Bronkhorstspruit neem aan gesamentlike operasie deel


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button