CrimeLocal newsNews

Evander Streekhof stuur twee wat saamsweer om moord te pleeg tronk toe

Omega Schoeman en Juanita Venter boet vir hul dade.

Die twee beskuldigdes vir sameswering tot moord, Omega Schoeman (52) en Juanita Venter (41), is uiteindelik op 23 Augustus tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Dié saak het na agt jaar se gesloer tot ’n einde gekom. Dié twee het weer in die streekhof op Evander verskyn nadat hulle in 2016 beplan het om Juanita se man, Jacques Venter, te vermoor.

Die Venters was op daardie stadium in die proses om te skei. Omega en Juanita het ’n voormalige kollega van Omega wat saam met hom in die polisie was, Paul Carr, genader en hom R10 000 aangebied om Jacques te vermoor.

Carr het op 7 Oktober 2016 by Jacques se huis op sy plaas naby Leandra opgedaag met ’n klapmus en ander wapens.

Jacques het egter onraad vermoed toe sy honde begin blaf het en die hulp van omliggende boere ingeroep en Carr is dieselfde aand in hegtenis geneem.


Omega Schoeman is op 23 Augustus in die Evander streekshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het destyds in die hof skuld erken op ’n aanklag van sameswering tot moord en is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis was vir vyf jaar opgeskort is.

Hy moes toe as staatsgetuie teen Omega en Juanita getuig. Carr is, nadat hy sy tronkstraf uitgedien het en vrygelaat is, verlede jaar in ’n ongeluk dood.

Omega en Juanita is eers bykans ’n jaar later, op 1 Augustus 2017, nadat die hulle al na George verhuis het en die polisie gesukkel het om hulle op te spoor, in hegtenis geneem.

Jacques is op 28 April 2018 in ’n hospitaal in Pretoria dood weens vergroeisels aan sy pankreas wat gebars het.

Omega en Juanita was uit op borgtog, maar hulle is sedert Maart vanjaar, toe hulle skuldig bevind is, in aanhouding.



LEES OOK: Familie en vriende neem afskeid van vermoorde Standerton-vrou

LEES OOK: AfriForum Delmas Valke Buurtwag gekroon as tweede beste in Noordstreek

Related Articles

Back to top button