Local newsLocal sportNews

Gholfspelers vat mekaar aan by IPS kompetisie op Standerton

Agtien spelers het die 18 gaatjies aangedurf en Patrizia Lombard het die dag gewen met ’n finale puntetelling van 39.

Die Standerton Buiteklub het op 24 Augustus hul weeklikse IPS kompetisie aangebied.

Agtien spelers het die 18 gaatjies aangedurf en Patrizia Lombard het die dag gewen met ’n finale puntetelling van 39.

Neville Ritchie het 38 punte op sy telkaart ingevul. Aldo Arnaldi, Lourens van der Sandt en Gert du Preez het elkeen 36 punte op hul telkaarte ingevul.

Johan Brits, Johan Brink en Nick Momberg het huiswaarts gekeer met 34 punte.

James Bonthuyzen junior, Hennie Swanepoel en Wessel van der Merwe het elkeen 33 punte aangeteken, terwyl Louis Gravett en Andrew Harperelkeen 32 punte gekry het.

Tertius Brits en Willie van Wyk het 31 punte geslaan. Jore Nortje het 30 punte verkry, gevolg deur Deon Grimsell (29) en Kobie Coetzee (27).


Related Articles

Back to top button