Local newsLocal sportNewsSchoolsStreeknuus

Opwindende krieketaksie by Laerskool Delmas duur voort

Die o9- en o10-spanne het gekombineerd en as deel van goeie spanbou as die Dolpins en die Mambas teen mekaar gespeel.

Die week van 13 tot 15 Augustus was Delmas se vurige krieketspanne weer besig. Die o11-span het aan ’n vriendskaplike wedstryd deelgeneem en die skool het ook weer ’n plaaslik gekombineerdse span op die veld laat draf.

Die o9- en o10-spanne het gekombineerd en as deel van goeie spanbou as die Dolpins en die Mambas teen mekaar gespeel. Die Mambas het met vier lopies geseëvier.

Op die middag van 15 Augustus was dit egter weer tyd vir liga en het die o10-span van Delmas teen die span van Selectionpark van Springs deelgeneem.

As deel van die Blesbokspruit Liga het Selectionpark vir Delmas met 10 lopies geklop. Al die wedstryde het op tuisgrond by Hoërskool Delmas plaasgevind.


Related Articles

Back to top button