Local newsLocal sportNews

Gholfspelers durf 18 putjies op Standerton aan

Francois Cronjé het die dag met 46 punte gewen.

Die Standerton Buiteklub het op 17 Augustus hul weeklikse IPS kompetisie beklink. Agt-en-twintig spelers het die 18 putjies aangedurf.

Francois Cronjé het die dag met 46 punte gewen. Jannie Nichols en Johan Brink het albei 39 punte aangeteken.

Tertius Brits, Barrt Pretorius en Mark Nortjé het 37 punte op hul telkaarte ingevul.

Bertus le Roux, Nico Lombard, Attie Mouton, Louis Bibbey, Nick Momberg en Aldo Arnaldi het 36 punte verwerf.
Kobie Coetzee en Wally van Straten het albei huiswaarts gekeer met 35 punte.

Hennie Swanepoel, Louis Gravett en Fanie Botha het 34 punte verkry. Janneman Kotze en Johan Griesel het 33 punte aangeteken.

Adri Mynhardt het 32 punte op haar telkaart ingevul, gevolg deur George Robbertse (31), Herman Mynhardt (29), Patrizia Lombard (29) en Monique Robbertse (28) en Errol Harris het 27 punte behaal.

Werner Mouton het 26 punte aangeteken. Clifford van Vuren het 25 punte aangeteken en Willie Griesel het huiswaarts gekeur met 24 punte.




LEES OOK: SHS wys leerlingraad vir 2025 aan

LEES OOK: Grip and Rip in Secunda celebrate Women’s Day through fitness

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button