Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Bronkhorstspruit speel teen Delmas vir 11de jaar

“Die kompetisie is ook om as rolbalvriende die dag te geniet asook nuwe spelers bloodstelling aan die spel te gee.”

Bronkhorstspruit se rolbalspelers het op 3 Augustus vir die 11de keer teen die klub van Delmas meegeding vir die Bronkhorstspruit/Delmas Rolbal-wisseltrofee.

Bronkies het dié kragmeting met 182-154 gewen.

’n Totaal van 36 spelers het die dag geniet. Elke klub het ses spanne gehad wat die baan aan die brand gerol het.

Daar was twee rondtes van 12 koppe elk gespeel. Dié twee klubs maak jaarliks beurte om die gewilde kompetisie aan te bied.

“Die kompetisie is om mekaar te ondersteun en so rol die balle maar, het die president van die Bronkhorstspruit Rolbalklub, John O’Connell, gesê.”


LEES OOK: Loffies se seisoene van kleur en klank bring vreugde


“Die kompetisie is ook daar gestel om as rolbalvriende die dag te geniet asook nuwe spelers bloodstelling aan die spel te gee.”

“Ons is baie trots op Delmas wat ’n baie nuwe spelers bygekry het. Dit is altyd mooi om te sien hoe jong spelers die spel geniet.“Dit was vir Bronkhorstspruit ’n voorreg om Delmas te verwelkom en sien uit na volgende jaar,” het O’Connell afgesluit.

Op haar beurt het die president van die Delmas Rolbalklub, Hanri Ehlers, vir O’Connell, Reinette Swart, Danie de Klerk asook die res van die Bronkies-span bedank vir die dag van rolbal.

“Die dag was puik en die gees tops,” het Ehlers gesê.


Related Articles

Back to top button