Local newsLocal sportNews

Standerton Buiteklub Monthly Mug spelers durf 18 gaatjies aan

Rowan Brink het dié maand se beker huis toe geneem met ’n telling van 71 punte.

Die Standerton Buiteklub het hul Monthly Mug kompetisie op 3 Augustus afgeslaan. Rowan Brink het dié maand se beker huis toe geneem met ’n telling van 71 punte.

Johan Griesel het gevolg, met 72 punte. Innocent Dhladhla het 78 punte en Willie Griesel 82 punte.

Marelize Potgieter en Werndley Eksteen het albei 83 punte verkry. Jore Nortje het 87 punte op sy telkaartjie ingevul, gevolg deur Kobie Coetzee (89) en Wally van Straaten (67).

Aldo Arnaldi het huiswaarts gekeur met 69 punte. Nico lombard en Jabbies Lotz het albei 71punte gevier.


Mark Nortje slaan af.

Deon Grimsell en James bonthuyzen het albei 72 punte verwerf, gevolg deur Patrizia Lombard en Johan Brink (76).

Tertius Brits het 78 punte afgeslaan.

Mark Nortje (85), Nick Momberg (41), Johan Brits (39). Francois Cronje het 33 punte verkry.

Gerrit Nel het 31 punte op sy telkaartjie ingevul. Frikkie Eksteen het 24 punte verkry en Jannie Pieters het met 14 punte die dag afgesluit.



ALSO CHECK: Shack fires in eMbalenhle claim three lives

ALSO CHECK: Pa en seuns verloor alles toe woonstel op Bronkhorstspruit brand

Related Articles

Back to top button