CrimeLocal newsNewsStreeknuus

Verdagte in die moord op Dirk Kritzinger van Cullinan aangekeer

Daar was op goedere, onder andere ’n vuurwapen, wat aan die vermoorde Dirk en sy erg aangerande vrou Sarie, behoort het, beslag gelê.

Die Cullinan polisie het een verdagte in die moord op Dirk Kritzinger (81) en die aanranding van sy vrou, Sarie, in hegtenis geneem.

’n Span van die distrik, bestaande uit Cullinan SAPD lede sowel as speurders het op 26 Julie saamgespan om die ’n verdagte in dié plaasmoord- en aanranding vas te trek.

Tydens die ondersoek was moontlike verdagtes met behulp van leidrade, soos vanaf die gemeenskap ontvang, opgevolg en moontlike verdagtes geïdentifiseer.

Volgens adjudant offisier, Johan van Wyk, kommunikasie woordvoerder vir die Tshwane polisie, het die leidrade die span na die huis gelei, waar hulle die verdagte moordenaar in hegtenis geneem het.


Sarie Kritzinger is erg aangerand tydens ’n plaasaanval op Cullinan.

Daar was op goedere, onder andere ’n vuurwapen beslag gelê, wat aan die vermoorde Dirk en sy erg aangerande vrou Sarie behoort het,” het Van Wyk gesê.

Dié inhegtenisname volg na die moord op Dirk op 21 Julie in hul huis op ’n kleinhoewe in die omgewing van Refilwe, Cullinan. (Streeknuus, 26 Julie).

Tydens die plaaaanval is Dirk dood terwyl sy vrou, Sarie, aangeval is.

Die Kritzinger egpaar se dogter het onraad vermoed toe haar ouers nie hul selfone geantwoord het nie en vir hulp geskakel.


LEES OOK: eMbalenhle Police arrest another EFF councillor for public violence


Die liggaam van Dirk was in ’n plas bloed aangetref en die erg beseerde Sarie is per ambulans na ’n hospitaal vervoer.

Teen druktyd sou die verdagte in die Cullinan Landdroshof verskyn op aanklagte moord, huisroof, aanranding met die opset om ernstig te beseer sowel as die vermoedelike besit van gesteelde goedere.

Meer in hegtenisnames is glo nie uitgesluit nie.

Intussen het brigadier Samuel Thine, die distrikskommissaris vir die Tshwane SAPD, sy dank teenoor die polisielede uitgespreek vir hul toewyding en harde werk om die verdagte in die plaasmoord en aanranding tot geregtigheid te bring.


Related Articles

Back to top button