Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan wen tuis wedstryd teen Brits

Hulle klop Brits met 40-21.

Die Cullinan Rugbyklub het op 13 Julie die span van Brits in ’n tuis ligawedstryd met 40-21 geklop.

Die wedstryd het by die Cullinan Sportsentrum plaasgevind. Brits het vroeg in die wedstryd voorgeloop met 13-0 met goeie hardlooprugby.

André van der Merwe, Cullinan se hoofafrigter het gesê: “Cullinan was geduldig en ons kon uiteindelik ons wedstrydplan op Brits afdwing.”

Cullinan het in die wedstryd ook ’n bonuspunt verseker. Manne van die wedstryd was Thato Maahlo vir voorspeler en Jacques van der Merwe vir agterspeler.

Die puntemakers was Ulrich Venter, Markus van Loggerenberg, Thato Maahlo, André Potgieter, JP Booysen, Albert Joubert en Pieter Uys.

“Die wedstryd was ’n skoon maar harde wedstryd,” het Van der Merwe gesê.


Related Articles

Back to top button