Local newsStreeknuus

Van der Waltstraat op Delmas trek nuwe baadjie aan

By die verrigiting kruising, Van der Walt- en Pickardstaat kruising, waar robotte reeds vir jare nie meer in gebruik is nie, is daar nou stoptekens aangebring.

In ’n gesamentlike poging om Delmas se status as Dorp van die Jaar vir 2023 voort te dra, het Delmas Herleef, Delmas First en die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit en ander entiteite saam-saam ’n reuse opknappingsprojek aangepak.

Die groepe het op 12 Julie een van Delmas se hoofstrate verfraai deur randstene te verf, rommel op te tel, gras in parke te sny en slaggate te herstel.

By die vierrigting kruising van Van der Walt- en Pickardstrate, waar verkeersligte reeds vir jare nie meer in gebruik is nie, is daar nou duidelike stoptekens aangebring.



Daar was ook begin om die kruising, waarvan die oppervlak baie ongelyk was, te herstel. Dié projek sal glo binnekort voltooi wees.

Aan die stuur van sake was Mart-Marié Scheepers, een van die direkteure van Delmas First, ’n nie-winsgewende organisasie (NWO).

In oorleg met Madel Fourie van Delmas Herleef, ook ’n NWO, en met die gulde bydraes van verskeie borge, het Van der Waltstraat sommer gou soos ’n splintenuwe sikpens daaruit gesien.


Related Articles

Back to top button