Local newsLocal sportNews

Gholfspelers ding mee in tweede ronde van reeks op Bethal

Budgers-span lê bo-op die ranglys.

Die tweede ronde van die Tarentaal VI Gholfreeks het op 29 Junie by Bethal Gholfklub plaasgevind en die Budgers-span het dié dag gewen.

Hulle het 100 punte aangeteken, terwyl die Poison span tweede geëindig het met 97 punte, die Chicks & Stixs span derde met 96 punte, die DC Chargers vierde met 96 punte en die Morgie Manne vyfde, ook met 96 punte.

Die eerste ronde van dié gholfreeks het op 25 Mei afgeskop, wat die Budgers ook gewen het. Hulle loop algeheel voor met 200 punte.

Die Poison span lê algeheel tweede met 140 punte, die Chicks & Sticks-span derde met 125 punte, die DC Chargers vierde met 120 punte en die Birdie Seekers vyfde met 110 punte.

Die derde ronde van die Tarentaal VI Gholfreeks vind in Julie plaas en daar is prysgeld ter waarde van R30 000 op die spel.


Related Articles

Back to top button