Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub rol voort om kampioene aan te wys

Piet Vorster is die klub se senior kampioen.

Delmas Rolbalklub spelers het op 29 Junie voortgegaan om uitspele te hou vir die onderskeie klubkampioenskappe.

In die mans senior kampioenskap het Barry Botes teen Piet Vorster in die eindstryd gerol. Aan die einde van die twee se wedstryd het Vorster as die klub se senior kampioen uit die stryd gestap.

Tydens die mans beginner (novice) kampioenskap halfeindstryd het Michael Snyman teen Chris van Rensburg gespeel.


Ellie Nieuwoudt in ‘n goeie luim by Delmas Rolbalklub.

Snyman het gewen en sal nou in die eindstryd teen Barney Lategan te staan kom. Streeknuus maak verskoning vir ’n fout wat ingeglip het in die uitgawe van 28 Junie.

Hierin was daar berig dat Hanri Ehlers as die wenner in die vroue beginner kampioenskap gekroon is, maar volgens Ehlers moet daar nog uitspele tussen Anonita Stevens en Susan Uys plaasvind.

Ehlers sal dan teen die wenner van hierdie wedstryd te staan kom waarna die kampioen in die afdeling gekroon sal word. Hou Streeknuus dop vir die uitslae van ander kampioenskappe wat binnekort gespeel sal word.


Related Articles

Back to top button