Local newsNewsStreeknuus

Helpende Hand bederf die bejaardes van Bronkies

Die onthaal is gereël sodat die bejaardes mekaar beter kan leer ken.

Helpende Hand Bronkhorstspruit-tak het op 8 Junie ’n onthaal vir bejaardes gehou by die Hervormde Kerk op Bronkhorstspruit waar sowat 100 senior burgers teenwoordig was.

Plaaslike ondernemings en die VLU op Bronkhorstspruit het die geleentheid geborg. Die dag was geopen deur dominee Peet Esterhuyse van die Hervormde Kerk met ’n woord uit Spreuke en gebed.

Chris Else het die bejaardes met musiek vermaak. Hy het die bejaardes met sy liedjies na die ou dae teruggevoer.

Lettie Trollip, die voorsitter van Helpende Hand het gesê die onthaal is gereël sodat die bejaardes mekaar beter kan leer ken.

Die Helpende Hand groep het ook vir die bejaardes in ’n kort film vertoon oor wat die organisasie in die gemeenskap doen.

Net voor die onthaal afgesluit is, het die lede van Helpende Hand geskenke vir al die bejaardes uitgedeel.

“Ons is bly dat ons iets lekker kon doen vir die bejaardes van Bronkhorstspruit,” het Trollip vertel.


Related Articles

Back to top button