Local newsNewsSchoolsStreeknuus
Hoërskool Erasmus se rugbyspanne deur na eindstryd
Al vier spanne speel nou in die eindstryd van die Stadsbeker wat op die eerste naweek na die skoolvakansie plaasvind.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/94/2024/06/WhatsAppImage2024_70227.jpeg)
Hoërskool Erasmus rugbyspanne se het almal hul halfeindstryde gewen wat op hul tuisveld gespeel is.
Die eerste span het Hoërskool Uitsig met 57-11 geklop.
Die tweede span het Tuine met 59-5 verslaan. Die o16-span het Gerrit Maritz net-net met 30-29 geklop en die o15-span het hul wedstryd teen Curro Hazeldean met 29-22 gewen.
Al vier spanne speel nou in die eindstryd van die Stadsbeker wat op die eerste naweek na die skoolvakansie plaasvind.