Local newsNews

AfriForum op Bethal herstel nog slaggate

Raak betrokke by organisasie en help om jou dorp te verbeter.

AfriForum het op 24 April met hul jaarlikse slaggatprojek afgeskop en hulle doelwit is om ’n dorp sonder slaggate te hê.

AfriForum se Bethal-tak het reeds 200 sakke teer gebruik om die slaggate in Tsibitso Sibanyonistraat te vul.

Dié teer is deur die gemeenskap geskenk.

“AfriForum vul elke jaar meer en meer slaggate,” het Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Volgens Bekker het AfriForum se Bethal-tak en die gemeenskap verlede jaar in ’n tydperk van ’n paar maande, meer as 2 000 sakke teer gebruik om slaggate op die dorp te vul.

“Dit is meer as wat die Govan Mbeki Munisipaliteit in ’n jaar gebruik het om paaie op die dorp te herstel,” het Bekker gesê.

“Die munisipaliteit probeer nou om inwoners ’n rat voor die oë te draai rakende die paaie.

“Bethal word al te lank verwaarloos, daarom neem AfriForum daadwerklike stappe om dié dorp te verbeter.”

AfriForum se Bethal-tak beplan om vanjaar nóg meer slaggate te vul en projekte van stapel te stuur wat sal toesien dat die dorp se strate herstel word.

Hulle sal binnekort verder werk aan Tsibitso Sibanyonistraat se slaggate waarna dele van Buffel- en Malherbestraat ook getakel sal word.

“Ons as inwoners kan nie bekostig dat ons dorp verder verval en verniel word nie,” het Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak, gesê.

“Nou is die tyd om betrokke te raak en op te staan teen swak dienslewering.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button