Local newsNews

MC Weldon kan al loop

MC leer ook weer om sekere dele van sy liggaam te gebruik.

BETHAL – Mnr. Hercus Mahoney, die Weldon-broers se oom, het gesê dat mnre. Johan en MC Weldon teen die einde van April terug in Suid-Afrika sal wees.

Die broers en ’n vriend, mnr. Werner (Shoepie) Swart, was op 26 Desember in ’n botsing in Suid-Dakota in Amerika betrokke waartydens mnr. Swart dood is.

Die broers was elk aan die stuur van ’n bakkie toe hulle in ’n trompop botsing betrokke was.

Die bakkie waarin mnre. MC Weldon en Swart gery het, het aan die brand geslaan.

Hulle het as plaaswerkers op die Lindskov Ranch gewerk.

Volgens mnr. Mahoney praat hy gereeld met die broers.

“Dit gaan regtig baie goed met hulle,” het hy gesê.

Volgens hom herstel Johan ook vinnig.

Mnr. MC Weldon word binnekort uit die Sanford Hospitaal in Noord-Dakota ontslaan en hy kan al loop.

“Hy leer ook om sekere dele van sy liggaam weer te gebruik.”

Mnr. Mahoney het ook gesê dat die verpleegsters van die hospitaal nie kan glo dat hy so vinnig herstel nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button