Local news

Standerton AfriForum buurtwag kry bystand

Baanoffisiere staan ander AfriForum buurtwaglede by en is opgelei om basiese skietklasse vir AfriForum lede aan te bied.

Die sukses wat AfriForum se nege buurtwagte op die Mpumalanga Hoëveld behaal, sal danksy die opleiding van twee bykomende baanoffisiere, uitgebrei kan word.

Volgens ’n onlangse persverklaring, staan baanoffisiere buurtwagte by met opleidingsgeleenthede en sien toe dat gehalte opleiding in onder meer vuurwapenhantering gedoen word.

Die buurtwagte wat tans in die Hoëveldstreek funksioneer, is gestasioneer op Delmas, Standerton, Secunda, Ermelo, Middelburg, Chrissiesmeer en Piet Retief.

Die nuwe baanoffisiere, Hennie Bekker van Morgenzon en Jaco van der Merwe van Ermelo, sal binnekort opleidingsessies oor die hele Hoëveld begin aanbied.

Volgens Hennie Bekker, AfriForum distrikskoördineerder vir die Hoëveld, vorm die baanoffisiere deel van hul vrywilligers opleidingskorps opleiding waarin gemeenskaps- en buurtwaglede bemagtig word met die kennis en vaardighede wat vir doeltreffende gemeenskapsbeveiliging benodig word.


’n Buurtwagpatrollie in September verlede jaar onder ’n afdak in Beyers Naudéstraat.

Baanoffisiere staan ander AfriForum buurtwaglede by en is opgelei om basiese skietklasse vir AfriForum lede aan te bied.

Die persverklaring het voorts gelui dat hierdie opleiding buurtwaglede bemagtig en touwys maak in veilige vuurwapenhantering.

Vuurwapenopleiding vorm deel van die Vlak 1 opleiding wat aan alle buurtwaglede gebied word, en dien as inleiding wat hulle toerus met basiese kennis oor wetgewing en ander buurtwag aangeleenthede.

Na afloop van die suksesvolle voltooiing van dié opleiding, ondergaan hulle die gevorderde Vlak 2 opleiding wat gefokusde opleiding bied.

Die opleidingsgeleenthede word twee of meer keer per jaar aangebied.


LEES OOK: Couple opens rehab centre for women in Secunda


“Gehalte opleiding en -toerusting is onontbeerlike elemente in die sukses van buurtwagte,” het Jaco van der Merwe, voorsitter van AfriForum Ermelo-tak, gesê.

“Juis daarom kan ons enige aangeleentheid hanteer wat ’n gemeenskap se veiligheid raak. Ons sukses is gekoppel daaraan dat buurtwaglede nie betaal word om ’n verskil in mense se lewens te maak nie,” het Bekker benadruk.

“Dit is ’n roeping wat hulle met groot trots nastreef.”

Die Hoëveldstreek beoog om binnekort nog twee baanoffisiere op te lei om die aanbod aan buurtwaglede uit te brei.

Die gemeenskap word genooi om by hul plaaslike buurtwag betrokke te raak.


LEES OOK: Thembisile Mtshweni from Standerton contributes to well-being of community

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button