Local newsLocal sportNewsSchoolsStreeknuus

Dellies gaffel Stoffberg in die PUK 16-kragmeting

Tydens die Puk 16-wedstryde het die skole se netbal-, hokkie- en rugbyspanne teen mekaar te staan gekom.

Die hoërskole Delmas en Stoffberg van Brakpan het teen mekaar meegeding op die tuisveld van Hoërskool Delmas op 9 Maart.

Tydens die Puk 16-wedstryde het die skole se netbal-, hokkie- en rugbyspanne teen mekaar te staan gekom.

Die spanne van Dellies het uitstekend gevaar en teen die einde van die dag se harde spel onder die warm somerson het die die uitslae soos volg gelyk:

In die rugbywedstryde het Delmas se o14-span die van Stoffberg met 19–15 geklop. Die o15’s het met 19–5 gewen en die o16’s het met 29–19 gewen.


Geen keer aan Dellies se eerstespan speler, Katlego Makamu, nie.

Dellies se tweede rugbyspan het ook met 10–5 gewen en die eerste spanne het met 20 punte elk gelykop gespeel.
Tydens die o14-hokkiewedstryd kon beide skole geen punte aanteken nie.

Dellies se o15-span het vir Stoffberg met drie punte teen een verslaan en die o16’s van Dellies het Stoffberg met 5–3 geklop.

Delmas se eerste dogterspan het Stoffberg met 4–1 geklop en die seuns se eerste span het hul wedstryd met 6–2 teen Stoffberg beklink.


Eerste span netbal aksie tussen Hoërskool Stoffberg en Hoërskool Delmas.

Tydens die netbalwedstryde het Dellies se o14A-span met 21 doele teen 11 gewen en die o14B-span het met 12 doele teenoor drie gewen.

In die o15A-wedstryd het Delmas met 12 punte teen drie gewen en die B-span met 11 doele teen drie aangeteken.

In die o16-wedstryde het die A-span vir Stoffberg met 34 doele teenoor die drie verslaan en die B-span met 29 doele teen een.

Die tweede span het ook met 14 doele teen 12 gewen. Dellies se eerstes het met 30–24 geseëvier.

Related Articles

Back to top button