Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Oupas en oumas kuier saam kleuters op Delmas

Oud en jonk het gesellig saam gekuier en gesmul aan die verrassings wat uit ouma se mandjie gekom het.

Heidi Kleuterskool op Delmas het weer op 9 Februarie hul immergewilde oupa- en oumadag aangebied.

Grootouers het heerlik saam met kleinkinders onder die koeltebome by die Rome Saal op die perseel van Laerskool Delmas gekuier.

Puppetales se poppekasvertoning het oud en jonk vermaak.

Daarna was dit tyd vir die piekniekmandjies om uitgepak te word en almal het gesellig gesmul aan die verrassings wat uit ouma se mandjie gekom het.

Die hoof Riëtte Wheller, het haar staatmaker-personeel wat bygedra het om van die oggend ’n sukses te maak, bedank.

“Dankie ook aan Puppetales wat ons Heidi-maatjies kom vermaak het. Dankie ook aan ons sterre van die geleentheid, ons oupas en oumas wat saam met hul kleinkinders kom piekniek hou het.”


Related Articles

Back to top button