Local newsStreeknuus

TLU moedig moedig boere aan om betrokke te raak

Boere moet seker maak oor hulle veiligheid en beskerming.

Die jaar 2024 bring weer vir alle landbouers nuwe uitdagings oor hoe om hierdie eksterne faktore wat boere se voortbestaan en winsgewindheid op hulle plase te bestuur.

Eersdaags is dit weer tyd dat die staat se ingestelde minimum loon aangepas gaan word, en volgens Henri Combrink, voorsitter van die TLU SA se Sentraalstreek, is dit is belangrik dat landbou-organisasies en boere hierby betrokke raak.

“In die lig van die swak ekonomiese omstandighede, die hoë werkloosheidsyfer en volgehoue verstedeliking, is dit belangrik dat daar gekyk moet word na ’n ander werkbare oplossing om werkskepping te stimuleer en ’n beter stelsel daar te stel om minimum lone te bepaal.

“TLU SA saam met ander organisasies is besig met insette en voorleggings aan die departement om te kyk na meer werkbare oplossing.”

Volgens Combrink is dit is ook belangrik dat boere hierdie organisasies ondersteun en ook in hulle persoonlike hoedanigheid betrokke raak by die publieke deelnames en daar insette gee.

“Daar is ook ‘n groot dryf om plaaswerkers en bewoners met verblyfreg se regte te beskerm soos vervat in die ESTA wetgewing sowel as die verskaffing van behuising, weiding vir vee, begrafnisse op plase, besoek van grafte en dienste aan die plaasbewoners,” het Combrink gesê.

Hy meen dié wetgewings is ’n landmynveld en daar moet met kundige mense gepraat word soos TLU SA en die plaaslike boere-unie oor hoe om hierdie situasie te kan hanteer.

“Waar konflik ontstaan oor bogenoemde sake met werkers, bewoners op plase is daar altyd n veiligheid risiko.
“Dit is dus belangrik dat boere betrokke moet wees by hulle plaaslike veiligheidstrukture soos ’n plaaswag of gemeenskapveiligheidstruktuur om die nodige ondersteuning en bystand te kry.

“Eersdaags stel die munisipaliteite ook weer hul begrotings vir die volgende jaar vir publieke deelname bekend,” het Combrink gesê.

Hierin word munisipale belasting soos eindomsbelasting hanteer.

“Elke grondeienaar word die kans gegee om hier ook insette te gee en kan beswaar aanteken teen verhogings van eiendomsbelasting en die verhoogde waarde van sy eiendom wanneer die waardasierol ook aangepas word.”

“Hier is ook die geleentheid om seker te maak die munisipaliteit begroot vir infrastruktuurverbetering en onderhoud van paaie wat deur die munisipalteit bestuur word soos serwituutpaaie,” het Combrink gesê

Vir meer inligting te kry of betrokke te raak by TLU SA of jou plaaslike Boere- unie kontak gerus vir Henri Combrink TLU SA Sentraalstreek voorsitter by 082 552 9428 of epos culliboer@gmail.com.

Related Articles

Back to top button