Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Bethal gholfers laat Delmas op hul neuse kyk

Die Ou Toppies het teen mekaar meegeding op Delmas se baan terwyl die Senior Chickens op Bethal gespeel het.

Die ‘Senior Chickens’- en ‘Ou Toppies’ spanne van Delmas en Bethal gholfklubs het op 13 Januarie dinge op die gholfbaan tydens die Bethal Liga uitgespook.

Die Ou Toppies het teen mekaar meegeding op Delmas se baan terwyl die Senior Chickens op Bethal gespeel het.

Delmas spelers in die Senior Chickens span was Piet Cronjé en Johan Delport, Francois Kruger en Zandré Viljoen, Bennie en Zander Labuschagne en Marco de Villiers.

Adriaan Benadie was die reserwe en Bennie Labuschagne die kaptein van die span.

Op Delmas het Barend Kruger en Ivan Kirsten, Pieter Devon en Frans Venter asook Conrad Bezuidenhout en Pieter Combrink vir Delmas op die baan gestap.

Die reserwes was Ean Nel, Jandré Viljoen en Hannes van der Walt. Barend Kruger was die kaptein van dié span.

Die dag se se spel op Delmas het geëindig met Bethal se vier punte teenoor die twee van Delmas.

In die Spring Chickens se wedstryd het Bethal ook gewen met die eintellings op Bethal met vier punte terwyl Delmas geen wen kon aanteken nie.

Tydens die prysuitdeling het die kaptein, Barend Kruger die spelers van Bethal Gholfklub gelukgewens met hul oorwinning en ook bedank vir hulle goeie sportmangees.

Kruger het ook vir Hannes van der Walt vir die voorbereiding van die baan bedank.

Related Articles

Back to top button