Local newsNews

Helpende Hand reik uit na Herberg Ouetehuis

Vrywilligers plant plantjies op Bronkhorstspruit.

Solidariteit Helpende Hand se vrywilligertak hande geneem met Karin Ludwig (matrone by die Ons Herberg Ouetehuis op Bronkhorstspruit) en op 14 Desember ‘n spesiale tuin vir bejaardes met dimensie geskep.

Mariana Kriel, streeksorganiseerder van Helpende Hand se Pretoria-streek het gesê: “Die tuin is bedoel om die pasiënte ‘n sinvolle en terapeutiese ervaring te bied.”

Dimensie is ’n siekte wat ’n mens se geheue en denkvermoë aantas. Dit kan veroorsaak word deur verskeie toestande, soos Alzheimers, Parkinsons en beroertes.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie ly meer as 50 miljoen mense wêreldwyd aan dimensie en sal hierdie syfer na verwagting in die toekoms elke 20 jaar verdubbel.



Die tuin wat Helpende Hand in samewering met Ons Winkel op Bronkhorstspruit, plaaslike sakelui en die gemeenskap aangelê het, is ’n sensoriese tuin wat die pasiënte se sintuie sal stimuleer met verskillende plante, kleure, geure, klanke en teksture.

“Dit is ontwerp om die pasiënte ’n veilige en rustige omgewing te bied waar hulle kan wandel, ontspan en hul herinneringe kan oproep,” het Kriel gesê.

Melouise Taljaard, die voorsitter van Helpende Hand se Bronkhorstspruit-tak het gesê: “Die tuin was ’n droomprojek wat wat die ouetehuis vir hul gemeenskap wil nalaat.”

“Ons wil die pasiënte die mooi van die natuur laat sien en hul terugneem na vergete herinneringe.



“Ons weier om hulle agter geslote deure te hou en van hul laaste bietjie menswees te ontneem. Ons sal hulle koester; hulle is juis dié wat vir ons die pad vorentoe gebou het.

“Die tuin is ’n voorbeeld van hoe mense kan hande neem en saamwerk tot voordeel van hul gemeenskappe.”

Kriel het almal wat Helpende Hand se Ons Winkel op Bronkhorstspruit ondersteun bedank, asook die borge en skenkers wat tot die tuin bygedra het.

“Die tuin is ’n voorbeeld van hoe mense hande kan neem en saamwerk tot voordeel van hul gemeenskappe,” het Kriel afgesluit.



Die voorbereidings vir die tuin het in Oktober begin toe vrywilligers die grasperk gelyk gemaak het en boomwortels uit gehaal het sodat die bejaardes gemaklik met hul stootkarretjies op ’n wandelpaadjie kan rondbeweeg.

Die tuin is amptelik op 13 Desember geopen met ’n spesiale seremonie waartydens die pasiënte, personeel, vrywilligers en gaste die eerste plantjies geplant het.

Die tuin sal deurlopend deur Helpende Hand-vrywilligers onderhou word.

Die gemeenskap kan die projek ondersteun deur deel te raak van die vrywilligertak.

Vir meer inligting, of om by die tak betrokke te raak, skakel Taljaard by 012 345 6789 of stuur ’n e-pos na melouise@helpendehand.co.za.

Related Articles

Back to top button