Local news

Bethal VLU-tak bied kollekunsklas aan

Belangstellendes is welkom om volgende jaar by die VLU aan te sluit.

Die plaaslike VLU-tak het op 2 Desember ’n kollekunsklas by die Evangelies Gereformeerde Kerk aangebied.

VLU-lede van die Bethal-tak asook nie-VLU-lede kon dié klas bywoon wat deur Carien Schabort, VLU-beoordelaar, gelei is.

Schabort het vir die vroue van die fynere kunste van kollekuns vertel en gesê met kollekuns moet ’n mens gereeld oefen totdat jy dit kan bemeester.

“’n Goeie wenk om die verfbotteltjies skoon te hou, is om die bottel se rand af te vee en Vaseline daaraan te smeer,” het Schabort gesê.

“Dan sukkel ’n mens nie so die volgende keer om die bottel weer oop te maak nie. Jy gebruik ook baie min verf en kan vér kom met een of twee bottels verf.”

Belangstellendes kan weer volgende jaar by die Bethal VLU-tak aansluit of ’n vergadering by woon.

Vir meer inigting, skakel Lynette Poshumus by 072 203 6230.

Related Articles

Back to top button