Local news

AfriForum hou Mieliepapdag op Bronkhorstspruit

Afriforum hou hul eerste kersmark in samewerking met Mieliepap Bronkhorstspruit, op die NG kerk nooitgedacht gronde.

AfriForum hou hul eerste Kersmark op 9 Desember in samewerking met Mieliepap Bronkhorstspruit, op die NG kerk Nooitgedacht se gronde.
Met lekker Kerskoekies, vrugtekoeke, houtwerk en heerlike kos gaan dié geleentheid een wees om nie te mis nie. Daar gaan ook perdritte wees.
Die fees begin om 08:00 en sal tot 13:00 duur.
Ingang is gratis, maar as mense voel om ’n bydrae te maak vir AfriForum se Kersfeesparade kan ’n pakkie lekkergoed soos suiglekkers, suigstokkies en skyfies, by die AfriForumstalletjie afgegee word.
Vir meer inligting oor die Mieliepapdag, kontak Teria Kleingeld by 082 519 9577.

Related Articles

Back to top button