Local news

Elizabeth Crowe van Standerton beywer haar vir diegene in nood

Elizabeth het by ’n finansiële instelling op die dorp as ontvangsdame begin werk, twee dae ’n week teen ’n maandelikse salaris van R200.

’n Vrou van Azalea, Standerton, met donkiejare in die kleinhandelbedryf het as pakker van winkelrakke begin, maar is nou die bestuurder van die Pick n Pay klerewinkel by die Junxion Sentrum.

Die alomteenwoordige doelwitte wat kleinhandelbestuurders in die gesig staar, veral oor die besige feesseisoen, pak sy met haar Skepper aan om voete in die winkel te kry. Elizabeth Crowe dink ook nie naastenby aan aftrede nie.

“My slagspreuk is eenvoudig,” aldus Elizabeth, “As daar werk is, werk ons almal saam en as dit afgehandel en op goeie standaard is, kan ons ‘jolly’ wees.”

Kommunikasie tussen bestuurder en personeel skryf sy hoog aan en wat haar aanbetref, klop sy aan vir ’n uitlaatklep by die besige bestuurder van Pick n Pay, hetsy persoonlik of op besigheidsvlak.

Dié boorling van Standerton het onderskeidelik 17 jaar en 11 jaar ondervinding as bestuurder.


Elizabeth Crowe van Azalea het onderskeidelik 17 jaar en 11 jaar ondervinding as winkelbestuurder.

Sy het by die destydse Azalea Laerskool tot Standerd Sewe onderrig ontvang, dit voortgesit by Geluksdal Hoërskool in Brakpan en ’n jaar later was sy ’n koshuisbrak by Middelburg Hoërskool.

“Ek is die vyfde van 12 kinders en na skool was daar nie werksgeleenthede nie. Ek wou baie graag ’n maatskaplike werker word, maar daar was nie geld nie.”

Elizabeth het by ’n finansiële instelling op die dorp as ontvangsdame begin werk, twee dae ’n week teen ’n maandelikse salaris van R200.

Uit haar huwelik is drie dogters gebore. Enaisha is nou 26. Courtney (18) en Danielle (16) is albei leerders by Hoërskool Standerton.

Sy is op 22 jaar getroud en het 11 jaar later na volgehoue fisieke en emosionele mishandeling, die aftog geblaas.


Elizabeth Crowe van Azalea het onderskeidelik 17 jaar en 11 jaar ondervinding as winkelbestuurder.

“Ek het die mishandeling vir my ouers weggesteek en uiteindelik met net twee babadoeke by my ouerhuis opgedaag. Ek het vir my kinders geleef en leef tot vandag toe, vir hulle.”

Die somber prentjie van ’n Kersfees sonder kos in die huis, ’n welsynsgeval, het sy eerstehands beleef. Elizabeth het ’n fyn aanvoeling vir diegene in nood ontwikkel.

“Ek weet wat dit is om swaar te kry.”

’n Droom is gebore. Benewens haar sopkombuis op Donderdae in Azalea wat Pick n Pay grootliks borg, is sy deeglik bewus van die nood oral op Standerton.

Daar is soms meer as 30 senior burgers wat bygestaan word en die jongklomp word gereeld geïnspireer dat moedopgee nie ’n opsie is nie.

“As jy biddend bly, gaan daar deure vir jou oop.”

Sy het die bestuurder van Pick n Pay, René Lea bedank wat haar onderskraag in haar voorneme om iets daadwerkliks te doen aan mense se omstandighede.

Elizabeth sou bitter graag geriewe wil kry waar die jeug in ambagte soos sweiswerk opgelei kan word en die senior burgers kan brei en hekel, of naaldwerk doen.

“Met God se genade sal ek dit kan doen. My kinders sê altyd, ‘ma droom so groot’.”

Sy het nog nie ’n nie-winsgewende organisasie van die been af gekry nie want dit wag tot Januarie, met haar verlof.

Sosiale euwels soos dwelm- en drankmisbruik wat vir uitsiglose mense die oplossing is, sal aangespreek word.


LEES OOK: Vandals strike on Makgatlela Street in Sakhile


Haar ondersteuningsnetwerk sluit in haar buurvrou, wat bereid om die kleintjies te leer dans, en haar een dogter sal met die huiswerk help.

“Ek wil die kinders probeer besig hou.”

Crowe is enkellopend, maar Silvan Clarke sal haar nooit vergewe as sy nie sou noem dat hy ’n belangrike rol in haar lewe speel nie. Een versugting is daar nog.

“Ek wil baie graag ouma word. Ek is gelukkig dat ek kinders gehad het.”

Haar onwrikbare geloof in die Opperwese is vir dié sakevrou ’n anker. Enigeen wat betrokke wil raak, kan 082 261 1640 skakel.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button