Local news

Standerton Advertiser skenk gehoorstukkies aan aftree-oord

Die koerant het op 27 November met Sanpat Coetzee, bestuurder van die ouetehuis, in verbinding getree, wat op haar beurt met suster Patria du Plooy geskakel het oor ’n inwoner, wat moontlik baat by die gehoorstukkies sal vind.

Chantelle Swart van die Standerton Advertiser het die afgelope week een gehoorstuk stel aan Kosmos Aftree-oord geskenk.

Sy het dié gehoorstukke ontvang wat ongelukkig nie geskik vir haar gehoortoestand is nie. Haar gehoorprobleem spruit uit ’n ongeluk verlede jaar op die Platrandpad waar sy en haar kinders veelvuldige beserings opgedoen het.

Chantelle word op 16 Januarie volgende jaar in die Sunshine Hospitaal in Benoni opgeneem en sal weer operasies aan haar linkerarm en -been ondergaan.

Die koerant het op 27 November met Sanpat Coetzee, bestuurder van die ouetehuis, in verbinding getree, wat op haar beurt met suster Patria du Plooy geskakel het oor ’n inwoner, wat moontlik by die gehoorstukkies sal baat.

’n Oudioloog sal bevestig of dié inwoner geskik is en indien nie, sal dit wel toepaslik aangewend kan word.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button