Local news

AfriForum op Bethal se groentetuin is volhoubaar

Ouetehuis en sopkombuis kry groente by organisasie.

AfriForum se groentetuin-projek op Bethal, wat dié organisasie in 2020 begin het om te help met werkskepping in die gemeenskap, bars nou uit sy nate.

Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het AfriForum reeds bykans 2 ton groente vanuit dié groentetuin geoes. Die mees onlangse oes was 200kg spinasie en wortels.

’n Gedeelte van dié oes is aan die Silwerjare Ouetehuis geskenk en die ander gedeelte aan die sopkombuis op Bethal.

Bekker het gesê dié projek lewer sedert 2021 volhoubaar groente aan verskeie organisasies in en rondom Bethal wat beide ouetehuise op Bethal insluit asook die sopkombuis.


LEES OOK: Evander Police investigate after remains are found in burnt house


“Die groentetuin het by tye al soveel groente gelewer, dat ons dit buite die Bethal gemeenskap aan organisasies en kinderhuise kon skenk,” het Bekker gesê.

Dié groentetuin lewer nie net wortels en spinasie nie, maar sal binnekort ook tamaties, pampoen en aartappels lewer.

Bekker meen dat dit belangrik is om groente te plant wat iemand se maag kan volmaak. Dit is hoekom daar nie ’n krui of aspersie in dié tuin te sien is nie.

“Wanneer die AfriForum Bethal-tak besluit watter groentes om te plant, oorweeg ons die seison asook hoe lank dit neem vir dié spesifieke groente om te groei.

“Volhoubaarheid is die sleutelwoord en daarom word daar gepoog om groente te plant wat meerjarig is, wat meer as een keer geoes kan word.”


LEES OOK: GMM moves from being dysfunctional to a low-risk municipality


Boere van die omgewing asook Bethal-inwoners ondersteun dié projek deur gereeld donasies te maak in die vorm van kunsmis of ander items.

“Ons is dankbaar dat ons met dié projek ’n verskil kan maak in die lewens van die mense wie dit die nodigste het. Dié projek is werklik besig om ’n lewensaar vir die organisasies in die omgewing te word.

“Projekte soos dié wat werk skep en op ’n volhoubare wyse kos produseer is noodsaaklik vir die vestiging van selfstandige gemeenskappe.”

Om by AfriForum se Bethal-tak betrokke te raak, besoek die werbwerf, www.wordlid.co.za.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button