CrimeLocal newsStreeknuus

Dwelms is ’n probleem op Bronkhorstspruit

Afriforum se operasie het gelei na ’n plek in Erasmus waar hulle dwelms en verkeie naalde gevind het.

Bronkhorstspruit AfriForum protospanlede het op 23 November observasies gedoen op ’n spesifieke teiken vir dwelms en huisbrake in die Erasmus woonbuurt.

Die operasie was in die nag gedoen. Beslag is gelê op ’n aansienlike hoeveelheid dagga en crystal meth, asook verskeie spuitnaalde en messe. Bronkhorstspruit Polisie het die AfriForum protospan ondersteun in die beslagleggingsproses.

Dié buurtwag ontvang dikwels klagtes vanuit die gemeenskap dat sluipslapers in hierdie gebied glo dwelms aan skoolkinders verkoop en doen alles in hul vermoë om hierdie probleem uit die weg te ruim.

’n Groot hoeveelheid hoesmiddelbotteljies word ook gereeld in hierdie gebied gevind.

Sekere hoesmiddels bevat dekstrometorfan wat hallusinasies veroorsaak indien dit op ’n sekere manier gebruik word en is gewild veral onder tieners.

AfriForum is ’n nie-winsgewende burgerregte-organisasie wat op 26 Maart 2006 gestig is.



LEES OOK: VLU op Standerton beplan vir volgende jaar

LEES OOK: Drie dood in twee ongelukke naby Delmas lui die feesseisoen in

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button