Local newsNews

Landbou is onder groot druk vertel TLU se Henri Combrink van Cullinan

Landbou is onder groot druk en boere het dit nie maklik om kop bo water te hou nie.

Landbou is tans onder groot druk en boere het dit nie maklik om kop bo water te hou nie. So meen Henri Combrink, voorsitter van die Transvaalse Landbou Unie (TLU).

Volgens Combrink is daar sowat 30 000 kommersiële boere oor in die land wat voedsel moet produseer vir 63 miljoen mense in ’n omgewing wat nie landbou-vriendelik is nie.

Tydens TLU SA se onlangse kongres het dit na vore gekom dat boere onder groot druk is om te oorleef.

“Daar is sowat 160 stukke wetgewing, munisipale ordenansies en regulasies wat op een of ander manier ’n impak maak op landbou-aktiwiteite,” het Combrink gesê.

Hy meen die aanslag van die regering se kant om onteiening sonder vergoeding toe te pas, het onsekerheid teweeg gebring tussen die boere.

“Die implementering van minimale lone sonder dat dit gekoppel word aan produktiwiteit en vaardighede het ook ’n impak op boerdery se winsgewendheid. Dit dra ook by tot groter werkloosheid wat weer ’n ekonomiese probleem skep.” het Combrink gesê.


LEES OOK: Hoëveld Fotografieklub se lede skryf beste fotos in


Landelike veiligheid, veediefstel, diefstal van produkte en infrastruktuur is ’n groot probleem vir die boere en hulle boerdery.

“Rasgedrewe wetgewing wat mense op die kleur van hulle vel uitsluit van ekonomiese aktiwiteite terwyl insetkostes aanhou styg, is ook ’n probleem.

“Die staat kom ook nie sy verpligtinge na om infrastruktuur en die dienste wat noodsaaklik is vir ‘n vooruitstrewende landbou-omgewing instand te hou nie.”

“Nieteenstaande al hierdie negatiewe faktore, is boere steeds optimisties en toegewyd om te boer,” het Combrink gesê.

Van die sprekers by die TLU SA kongres was dit eens dat daar steeds geleenthede in landbou is wat met deeglike beplanning en innovasie benut kan word.


LEES OOK: Dansskool lewer pragvertoning by Delmas Makietie


Om hierdie uitdagings te kan bestuur is dit belangrik om kollektief namens boere te kan praat en optree. Landbou organisasies soos TLU SA is sedert 1897 daar om namens die boere te praat.

Tydens die eerste kongres van Transvaalse Landbou-unie is daar ‘n versoek aan die regering gerig vir die daarstelling van ‘n Landbou Departement.

Die TLU het in 1905 ‘n versoek gerig om ‘n Landbank te stig en die Suid-Afrikaanse Landbou en Landbank het toe sy deure die 4 November, 1907 geopen. Daar was nog vele ander instellings wat ontstaan deur bedinging van TLU met die regering.

“Om hierdie uitdaging die hoof te bied en ons boere veilig, volhoubaar en winsgewend op hul plase te hou is dit belangrik dat boere se belange beskerm moet word.

“Daarom is dit belangrik dat boere kollektief deur ‘n landbou organisasie soos TLU SA verteenwoordig moet word, soos wat hy doen sedert 1897,” het Combrink gesê.

Vir navrae oor TLU SA kontak Combrink by 082 552 9428.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button