Local news

Groot aantal besoekers daag op by Kuier-en Proefees op Standerton

Benewens die pannekoek, poedings, kerrie en rys, vetkoek, koeke, kleinkoekies, beskuit, sosaties, worsbroodjies, verpakte vleis, wildpasteie en varsgebakte brood, kon besoekers lafenis in die teetuin opsoek, asook die wynstalletjie besoek.

Die NG Wes-gemeente in Charl Cillersstraat het op 28 Oktober ’n Kuier-en Proefees op die kerkterrein aangebied.

Benewens die pannekoek, poedings, kerrie en rys, vetkoek, koeke, kleinkoekies, beskuit, sosaties, worsbroodjies, verpakte vleis, wildpasteie en varsgebakte brood, kon besoekers lafenis in die teetuin opsoek, asook die wynstalletjie besoek.

Kinders kon op die springkasteel baljaar, terwyl die ma’s moontlik die aandrokke bewonder het. Besoekers kon ook ’n draai by die snuffelboetiek, wit-olifant tafel en boeketafel maak.

Die aantal Springbok ondersteuners was opvallend in hul groen T-hemde.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button