CrimeLocal news

AfriForum op Standerton rus substasies toe met alarmstelsels

Volgens ’n onlangse persverklaring, is dié projek reeds in September vanjaar van stapel gestuur in samewerking met Kasselman Veiligheidsdienste, wat die alarms dophou en Janson Sekuriteit, wat die installasies behartig.

Kabeldiefstal en substasies wat gesaboteer word, plaas Standerton se elektriese infrastruktuur onder geweldige druk.

Die AfriForum-tak op Standerton het op 18 Oktober nóg twee substasies met alarmstelsels toegerus om misdadigers en ander kwaaddoeners af te weer.

Volgens ’n onlangse persverklaring, is dié projek reeds in September vanjaar van stapel gestuur in samewerking met Kasselman Veiligheidsdienste, wat die alarms dophou en Janson Sekuriteit, wat die installasies behartig.

Die AfriForum-tak borg die alarmstelsels.
Beurtkrag bied ’n ideale geleentheid vir misdadigers om kabels te steel of die substasies te saboteer.

Die doel van die alarmstelsels is om ekstra sekuriteit by hierdie substasies te hê om te verhoed dat dit verder geplunder, saboteer of vandaliseer word.

“Hierdie inisiatief maak reeds ’n reuse verskil op Standerton,” het Leon Enslin, takvoorsitter an die AfriForum-tak op Standerton gesê.

“Kragonderbrekings is minder en die infrastruktuur word nie meer gevandaliseer nie.”



Follow Us: Ridge TimesStandertonStreeknuus

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button