Local newsNews

Rondekerk hou Rondefees

Die jaarlikse Rondefees vind op 28 Oktober by die Rondekerk op Secunda plaas.

Die feestelikhede skop om 09:00 af en sal duur tot 14:00.

Die tema vir vanjaar se fees is ‘Hawai – ’n Kinder-Fees’ en daar gaan items te koop wees vir oud en jonk.

Van die kosse wat te koop gaan wees, sluit in vars vleis, worsrolle, kerrie en rys, sosaties, potjiekos, ‘Jorsies’, ‘ChipStix’, pannekoek, gebak, poeding, lekkergoed en ‘slushies’.

Salome Sing en trompoppies gaan ook optree om die gemeenskap te vermaak en daar gaan ook speelgoed, ’n doolhof, skietbaan, ’n branderplank, gesigverf, haarsprei en ballonne wees om die kleinspan te vermaak.

Related Articles

Back to top button