CrimeLocal newsUpdate

OPDATEER: Vrou wat oor man ry, steeds agter tralies

Jansen van Rensburg se gedenkdiens het intussen op 11 Oktober vanuit die Volle Evangelie Kerk op Delmas plaasgevind.

Die 35-jarige Samantha Gauche het op 12 Oktober vir die derde keer vlugtig in die Delmas se landdroshof verskyn.

Haar aansoek om formele borgtog is uitgestel na 19 Oktober nadat die hof weer eens nie die adres wat sy verskaf het, kon bevestig nie.

Die staatsaankaler, Gustav Schult, het aangevoer dat iemand vorendag gekom het wat bereid is om Gauche in hul sorg te neem.

Die aansoek om formele borgtog was uitgestel om die adres te bevestig en vir verdere ondersoek.


LEES OOK: Trichardt farmer finds body of murdered woman


Jansen van Rensburg se dogter, Shenique en haar ondersteuners was weer by die hof teenwoordig.

Jansen van Rensburg se vrou, Hettie was ook vir die eerste keer by die hof teenwoordig na die moord op haar man.

Verder was daar ook verskeie ondersteuners vir Gauche, wat haar pa en oudste dogter ingesluit het.

Gauche word van die moord op Leon Jansen van Rensburg aangekla nadat sy na bewering op 30 Augustus drie keer met haar voertuig oor hom gery het.


Leon Jansen van Rensburg is op sy kleinhoewe doodgery. Hierdie foto saam met sy dogter, Shenique is onlangs geneem.

LEES OOK: Vrou wat glo drie keer oor man ry by kleinhoewe op Modderoos Boorde word van moord aangekla


Die voorval het op die eiendom van die Jansen van Rensburg-egpaar op Modderoos Boorde in die omgewing van Sundra plaasgevind.

Gauche het hierna van die toneel weggery, glo beheer oor haar voertuig verloor en toe verder te voet gevlug.

Werkers kon daarin slaag om haar voor te keer en sy was in hegtenis geneem.

Jansen van Rensburg se gedenkdiens het intussen op 11 Oktober vanuit die Volle Evangelie Kerk op Delmas plaasgevind.


Samantha Gauche (35).


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button