Local newsLocal sport

RJ Kinnear behaal sege in Standerton Buiteklub se A-afdeling

Gerrit Coetzee en Stephen Nortjé het albei 75 op die telkaart in dié afdeling ingevul, gevolg deur Kobie Coetzee met 78 en Ronald Kinnear met 79.

RJ Kinnear het op 16 September as wenner van die A-afdeling van die Maandelikse Beker van die baan gestap met ’n netto van 73.

Altesaam 27 spelers het by die Standerton Buiteklub in die drie afdelings deelgeneem.

Gerrit Coetzee en Stephen Nortjé het albei 75 op die telkaart in dié afdeling ingevul, gevolg deur Kobie Coetzee met 78 en Ronald Kinnear met 79.

Damian Brink en Gert du Preez het albei met 81 geëindig, terwyl Joré Nortjé 82 aangeteken het en Neville Ritchie 83.


Gerrit Nel maak op 20 September seker hy is gholffiks.

Stephen Nortjé en Kobie Coetzee het elk ’n spog-twee behaal.

Johan Griesel het die B-afdeling met ’n netto van 69 beklink, gevolg deur Janneman Kotze met 71 en Deon Grimsell met 73.

Sowel Mark Nortjé as Aldo Arnaldi het met 74 geëindig, terwyl Patrizia Lombard 75 aangeteken het.

Louis Bibbey het 77 op die telkaart ingevul, gevolg deur Jacques Ferreira en Rikus White, albei met 80. Johan Brink het op 82 te staan gekom.


Ronald Kinnear en Damian Brink in aksie op 20 September by die Standerton Buiteklub.

Herman Mynhardt het die C-afdeling met ’n puntetelling van 42 gewen, terwyl Frikkie Eksteen 38 op die telkaart ingevul het en Riaan Starbuck 37.

Francois Cronjé het met 33 geëindig, Clifford van Vuren met 31 en Jaco Kruger en Hugo Ferreira, albei met 29.

Adri Mynhardt het 21 aangeteken.

Attie Mouton het die vorige dag se Sundowner met 20 punte gewen, terwyl Werner Mouton op 18 te staan gekom het.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button