Laerskool Secunda se spanne vaar goed op tennisbaan
Laerskool Secunda se tennisspanne het eers in die plaaslike liga presteer en deurgedring na die Gert Sibande-liga wat op Ermelo beslis is. Die seunsspan het hier ook uitgeblink.
SECUNDA - Laerskool Secunda se seuns tennisspan het op 18 September aan die eindronde van die Gert Sibande tennisliga deelgeneem en gewen. Dié span dring deur na die Mpumalanga uitspele. Die span bestaan uit Nikolas Schneider, HW Meyer, Reinhard Noordman, CJ Meyer en hul afrigter, Walmarie Fourie.
Laerskool Secunda se seuns-tennisspan het ook op 2 September die eindronde van die tennis-liga teen Laerskool Trichardt gewen en deurgedring na die halfeindronde van die Gert Sibande tennis-liga wat op 11 September by Hoërskool Ermelo plaasgevind het. Die span bestaan uit Nicolas Schneider, Reinhard Noordman, CJ Meyer en HW Meyer.Laerskool Secunda se dogters-tennisspan het op 2 September aan die eindronde van die tennis-liga deelgeneem en deurgedring na die halfeindronde van die Gert Sibande tennis-liga wat op 11 September by Hoërskool Ermelo plaasgevind het. Die span bestaan uit Linke Schneider, Lia Noordman, Olivia Adendorff en Miané Schneider.