Local newsStreeknuus

Lego-uitstalling lok vele na Laerskool Delmas

Vanjaar se Lego-kunswerke het weer nie teleurgestel nie en besoekers kon Lego-skilderye, plaastonele, dorpe, robotte en verskeie meganiese werke, alles uit Lego geskep, sien.

Oud en jonk het op 2 September weer bymekaar gekom om die jaarlikse asemrowende Lego-uitstalling by Laerskool Delmas te bewonder.

Vanjaar se kunswerke uit Lego-blokkies het weer nie teleurgestel nie en besoekers kon Lego-skilderye, plaastonele, dorpe, robotte en verskeie meganiese werke, alles uit Lego geskep, sien.

Daar was selfs ’n vleuelklavier wat heeltemal uit Lego’s gebou is, op uitstalling.

Die jongklomp kon aan verskeie aktiwiteite deelneem en een daarvan was die uitdaging om elk 50 groen Lego-blokkies te ontvang en dan die kreatiewe brein te laat floreer.

Beoordelaars het besluit dat die skeppings van Petrus Labuschagne en Mia Scheepers die beste was en hulle het elkeen met ’n prys weggestap.

Kaartjies was ook te koop en om 11:00 het die trekking vir die gelukkige pryswenners plaasgevind. Hier was Toby Keevy, Lienke van Wyk, Mark Hong en Logan Strauss die wenners.

Michael van der Laan het ook ’n stel Lego’s met die trekking gewen.

“Dié prys is my oupa s’n, ek moet dit vir hom vat,” het Michael Streeknuus meegedeel.

Uitstallers, besoekers en veral die jongklomp was dit eens dat die uitstalling elke jaar ’n groot sukses is.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button