Local newsSport

Sterk wind kry gholfers op Standerton nie onder nie

Neville Ritchie het op 26 Julie koning gekraai oor nege putjies en die dag met 16 punte afgesluit.

Henk Botha en Gerhard Brits het die Windhoek Pairs op 29 Julie by die Standerton Buiteklub gewen.

Spelers wat vroeër afgeslaan het ’n beter kans gestaan om punte aan te teken aangesien daar rekening met die wind teen 10:45 gehou moes word.

Neville Ritchie het op 26 Julie koning gekraai oor nege putjies en die dag met 16 punte afgesluit.

Gerrit Nel het in dié IPS kompetisie met 15 punte geëindig, terwyl Nick Momberg en Donnie Taljaard albei 14 aangeteken het.

Freddie Welmans en Francois Cronjé het albei op 13 te staan gekom. Nel het ’n twee behaal.


LEES OOK: Vollies embark on Groot Stap from Rayton to Cullinan


Ronald Kinnear het oor 18 putjies 40 aangeteken, gevolg deur Stephen Nortjé se 39 en Nico Lombard, Herman Mynhardt en Joré Nortjé wat elkeen 35 op die telkaart ingevul het.

Louis Gravett het 34 op die telkaart ingevul, terwyl Attie Mouton en Damian Brink albei met 33 geëindig het.

Patrizia Lombard en Brits het albei op 32 te staan gekom. Mouton het ’n twee behaal. Deon Grimsell het op 22 Julie 16 teenstanders met ’n puntetelling van 40 getroef.

Louis Bibbey het 39 aangeteken, gevolg deur Kobie Coetzee met 38 en Carus van Rensburg met 35. Nico Lombard, Nelis Eksteen, Gerrit Coetzee en Rikus White het elkeen met 34 geëindig.

Andrew Harper het 33 op die telkaart ingevul, terwyl Gravett op 32 te staan gekom het. Grimsell en Kobie Coetzee het albei ’n twee behaal.




 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button