Local newsStreeknuus

Rofstoeiers en spinnende bande vermaak Rayton

Stoeiers met kleurvolle name soos Azazel, Gene the Clown, Cyclone, Jax, Hector, JDX, Matt the Hammer en The Ripper het mekaar rondgestamp, deur die lug gegooi en vasgepen, terwyl verskeie voertuie se spinvernuf getoets is.

Rofstoeiers het die mat met mekaar gevee tydens die Midas Mad Saturday Raytonfees op 22 Julie. Dié gevegte het vir groot vermaak onder die besoekers gesorg.

Stoeiers met kleurvolle name soos Azazel, Gene the Clown, Cyclone, Jax, Hector, JDX, Matt the Hammer en The Ripper het mekaar rondgestamp, deur die lug gegooi en vasgepen.

Dié dag was vol ander pret en aksie vir jonk en oud, soos ’n spinvertoning met allerlei voertuie, selfs vragmotors.

’n Uitstalling van unieke motors,’n biertent, kosstalletjies en springkastele vir die kinders het die feesteliheid goed afgerond.

Drommedaris, ’n duo wat musiek op leë dromme maak, het hul unieke talent met die feesgangers gedeel.

Die dag het geëindig met ’n opvoering deur Jan Jan Jan. Die volgende byeenkoms is die 4X4 Mad Saterdag wat op 4 November plaasvind.

Vir meer inligting, kontak Pieter Jacobs op 061 488 2390.


LEES OOK: Young people learn new skills in Cullinan

LEES OOK: Tiener van Bronkhorstspruit presteer by boerperd kampioenskap




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button