Local newsLocal sportSport

Gholfspelers sê mekaar die stryd aan by Standerton Buiteklub

Janneman Kotze was onoorwonne oor 18 putjie met sy puntetelling van 44, gevolg deur Louis Bibbey se 42.

Die maandelikse beker is op 1 Julie by die Standerton Buiteklub beslis, waarvan die uitslae so gou moontlik gepubliseer sal word.

Aldo Arnaldi het die voortou oor nege putjies op 28 Junie geneem en 18 punte aangeteken. Deon Grimsell het in dié IPS-kompetisie tweede met 15 punte geëindig.

Janneman Kotze was onoorwonne oor 18 putjie met sy puntetelling van 44, gevolg deur Louis Bibbey se 42.

Francois Cronjé het 39 op die telkaart ingevul, terwyl Werner Mouton en Attie Mouton albei op 38 te staan gekom het.


RJ Kinnear kry ’n paar oefenhoue in voor die maandelikse beker ’n aanvang neem.

Nico Lombard het met 37 geëindig, gevolg deur Ronald Kinnear met 35 en sowel Gert du Preez as Kobie Coetzee met 34.

Patrizia Lombard het 32 aangeteken. Grimsell, Kotze en Du Preez het ’n spog-twee behaal. Ronald Kinnear en Hennie Swanepoel het op 24 Junie die Betterball Stableford met 47 punte gewen.

Nico Lombard en Lourens van der Sandt, sowel as Adri Mynhardt en Herman Mynhardt, het met 45 geëindig, terwyl Wikus Fourie en Vivian Seager 43 aangeteken het.

Johan Griesel en Jabbies Lotz, sowel as Francois Cronjé en Jannie Nichols, asook Casper Roux en Xander Roux, het op 42 te staan gekom.


LEES OOK: Gholfspelers bly in oefening by Standerton Buiteklub


Rikus White en Andries Manka het 40 op die telkaart ingevul, met Arnaldi en Du Preez, asook Attie Mouton en Werner Mouton, wat 39 aangeteken het.

Herman Mynhardt, Nichols en Du Preez het ’n spog-twee behaal. Cronjé het die vorige dag se Sundowner IPS met ’n telling van 17 beklink.

Lombard het ook met 17 geëindig, terwyl RJ Kinnear en Van der Sandt 16 aangeteken het.

Ronald Kinnear het 13 op die telkaart ingevul en Bernard Swart 9. Swart het ’n spog-twee behaal.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button