Local news

Teksa Blommeklub op Secunda leer van collage

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering by te woon en van blomme-rangskikkings te leer.

Lede van die Teksa Blommeklub het op 28 Junie by Die Ark by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente byeengekom en Sophie Hugo het lede touwys gemaak.

Sy het vir die vroue gewys hoe om ’n collage ontwerp te maak.

Die lede kon ook hul eie rangskikkings maak en het kommentaar oor hul rangskikkings ontvang.

Dié blommeklub vergader maandeliks en belangstellendes is welkom om die volgende vergadering wat op 26 Julie om 09:00 vir 09:30 plaasvind, by te woon.

Vir meer inligting, skakel Magda Schwab by 083 611 0684.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button