Local newsNews

Rugbyspanne lewer top rugby by vriendskaplike kragmeting op Cullinan

Die volgende wedstryde word op 4 Maart teen Bela-Bela gespeel.

Cullinan Rugbyklub het op 18 Februarie oefenwedstryde op hul tuisveld teen Delmas, die Oryx Valke en die Knights gespeel.

Volgens André van der Merwe, Cullinan se afrigter, het hy spesifiek sterker spanne gekies om teen te speel.

“Dit was weer eens uitmuntende rygby wat deur al die spanne gespeel is,” het van der Merwe gesê.

Delmas 1 het Cullinan 2 met 19–17 geklop, Oryx1 het Cullinan 1 met 27–7 geklop en die Oryxs 2 het die Knights 1 met 33–14 geklop.

Die volgende wedstryde vind op 4 Maart teen Bela-Bela tuis plaas.


Related Articles

Back to top button